Marise Loots

Ouer Albie

Marise Loots

Marise het op vierjarige ouderdom dramalesse begin neem en het sedertdien aan eisteddfods deelgeneem en verskeie trofeë gewen. In 2014, het sy deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Talentkampioenskappe en het drie platinum (hoogste prestasie) in die toneelspelkategorie gewen.

Marise het haar eerste professionele rol as vyfjarige in die verhoogproduksie ‘Balkie’ vertolk waarin sy die baba Hus was. Die vertoning is op die planke gebring by Innibos, die Performer-teater, die Pierneef-teater en die Volksblad Kunstefees in Bloemfontein.

Op sewejarige ouderdom het sy een van die hoofrolle in ‘SMS: Babakoors!’ vertolk, ’n toneelproduksie by die Vryfees en die Atterbury Teater. In 2013, slaan sy haar eerste rol in ’n speelfilm, ‘Musiek vir die Agtergrond’ los en daarna vertolk sy een van die hoofrolle as Madelie in die rolprent ‘Agent 2000: Die Laksman’.

Ouer Albie

Op die ouderdom van 15, speel Albie nog met haar pop, Kaka. Sy kan nie haar hande van ander se besittings afhou nie en kan ’n tantrum gooi wat ’n betoging tot stilstand kan bring.