Nicole Bond

Jonger Vaselinetjie

Nicole Bond

Die 14-jarige aktrise Nicole Bond woon op Springbok in Namakwaland en vertolk haar eerste rol in die speelfilm, ‘Vaselinetjie’. Nicole is ’n leerder aan die Hoërskool Namakwaland en is die senter vir die A-span in netbal. Tydens verfilming het sy baie geleer en kan nie wag vir haar volgende geleentheid as aktrise nie.

Jonger Vaselinetjie

Vaselinetjie is ’n naïwe 11-jarige meisie wat daagliks by haar kleurlingskooltjie in Eksteenfontein geboelie word omdat sy wit is, maar kleurling grootouers het. Die geboelie by die skool raak so erg dat die welsyn ontbied word en Vaselinetjie na ’n weeshuis in Johannesburg gestuur word om haar skoolloopbaan te voltooi. Daar moet sy haar naïwe self verloor en net soos een van die kinderhuiskinders raak om haar eie oorlewing te verseker.