Saskia Schiel

Vervaardiger

Saskia Schiel

Vervaardiger

Saskia werk as ’n onafhanklike vervaardiger in Kaapstad, Suid-Afrika en het tot dusver twee bekroonde speelfilms vervaardig, naamlik ‘Unearthed’, ’n hoogs verwagte dokumentêr oor hidrouliese breking en ‘Hollywood in my Huis’, ’n narratiewe rolprent wat op ’n jong Suid-Afrikaanse gehoor gemik is.

‘Unearthed’ het verskeie toekennings insluitend die Green Jury-toekenning by Sheffield Doc/Fest gewen en die Audience-toekenning by die Encounters en die Tri Continental Filmfeeste.

‘Hollywood in my Huis’ is landwyd in Suid-Afrikaanse rolprentteaters in Junie 2015 vrygestel, en het staande ovasies en uitstekende resensies van gehore en kritici ontvang. Die film is eksklusief vertoon by die Silwerskermfees waar dit Beste Film: Gehoortoekenning, Beste Film: Kriticikeuse en Beste Aktrise: Gehoorkeuse gewen het.

Saskia het aan AFDA gedradueer nadat sy ’n beurs van die Mandela Rhodes Foundation ontvang het. Die kort films wat sy vervaardig het, is ingesluit in feesprogramme wêreldwyd.

Dit sluit die film ‘Mune’ wat gekies is vir verskeie internasionale feeste en wat plaaslik die SAFTA vir Beste Animasie in 2011 ontvang het.

In 2014 het Saskia by die boetiekmaatskappy Advantage Entertainment aangesluit en is sy verantwoordelik vir die besigheid se ontwikkelingswerk asook vir die verspreiding en bemarking van voltooide filmprojekte.

Die maatskappy werk aan grootskaalse internasionale diensprojekte en kleiner plaaslike films en daarom streef Advantage Entertainment daarna om die beste moontlike werk te verkry uit talentvolle filmmakers en om kunstige, langdurige en kwaliteitfilms vir plaaslike en internasionale verspreiding te vervaardig.

Met haar jongste film, ‘Vaselinetjie’, werk sy weer saam met die regisseur van ‘Hollywood in my Huis’, Corné van Rooyen.