Arno Greeff

Ouer Texan

Arno Greeff

Arno Greeff het sy loopbaan as akteur in 2012 begin toe hy ’n kameorol in die film ‘Verraaiers’ losgeslaan het. Nadat hy in 2013 matriek voltooi het, het hy die rol van Krige in die kykNET-sepie ‘Binnelanders’ vertolk. Na tien maande het hy die sepie vaarwel geroep en ’n verskyning in Deon Opperman se reeks ‘Bloedbroers’ gemaak.

In 2015, vertolk hy die rol van Dustin, die hoof-antagonis in die film ‘Die Pro’, wat landswyd in teaters gedraai het. Daarna het ’n paar kort films gevolg en in 2016 begin Arno die rol van Tommie Bekker in die kykNET-sepie ‘Getroud met Rugby: Die Sepie’ vertolk.

Hy het die verfilming van die hoofkarakter in die film ‘Vaselinetjie’ voltooi wat gebaseer is op die gelyknamige boek. Arno werk saam met kykNET aan die vervaardiging van digitale inhoud en werk aan draaiboeke vir opkomende projekte.

Ouer Texan

Texan is ’n rebelse kinderhuislat met sex appeal wat enige meisie se knieë kan lam maak. Na ’n noue ontkoming met ’n bendegroep tydens ’n seevakansie ontwikel daar ’n vurige liefdesverhouding tussen Vaselinetjie en Texan. Dit kom ook aan die lig dat Texan die bendeleier se halfbroer is en hul ma ’n kleurling huishulp in Kaapstad is. Maar Vaselinetjie belowe om Texan se herkoms geheim te hou.